Lunar Orbiter 1

Die Lunar Orbiter 1
Die Lunar Orbiter 1 se wentelbaan

Die Lunar Orbiter 1 was 'n onbemande, robotiese ruimtetuig wat die eerste sending van NASA se Maanwentelprogram was met die doelwit om in 'n wentelbaan om die Maan te gaan. Die ruimtetuig is op 10 Augustus 1966 gelanseer.[1] Dit was ontwerp om hoofsaaklik die egaliger kant van die maan se oppervlakte te fotografeer sodat moontlike veilige landingsplekke vir die Surveyor- en Apollo-tuie geïdentifiseer en bevestig kon word. Dit was ook toegerus om maangrond, stralingsintensiteit en mikro-meteoritiese impakdata te versamel.

Grondbeheer het die ruimtetuig eers in 'n parkeer wentelbaan om die Aarde geplaas op 10 Augustus 1966 om 19:31 UTC. Om 20:04 is die enjins ontbrand om die ruimtetuig na die Maan te stuur. Die ruimtetuig het 'n tydelike probleem gehad, dit het sig van die ster Canopus verloor wat benodig is vir navigasie, waarskynlik weens verstrooide sonlig. Die ruimtetuig het ook oorverhit tydens sy reis na die Maan. Die Canopus-probleem is oorkom deur die maan te gebruik as 'n verwysing en die oorverhitting is oorkom deur die tuig 36° weg van die son af te draai om die temperatuur te verlaag.

Lunar Orbiter 1 was in 'n elliptiese wentelbaan geplaas naby die maan se ewenaar 92,1 ure na lansering. Die aanvanklike wentelbaan was 189,1 by 1 866,8 km met 'n periode van 3 uur 37 minute en 'n inklinasie was 12,2 grade. Op 21 Augustus was die perikintion verklein na 58 km en op 25 Augustus na 40,5 km. Die ruimtetuig het fotografiese data versamel van 18 Augustus tot 29 Augustus en sending na die Aarde het tot 14 September 1966 geduur.

Daar was 42 hoëresolusie en 187 mediumresolusie foto's geneem en na die Aarde gestuur; dit het 5 miljoen km² van die Maan se oppervlakte gedek. Dit was 75% van die beplande doelwit, sommige van die eerste foto's was gesmeer. Dit het ook die eerste twee foto's van die Aarde vanaf die Maan geneem. Daar was ook akkurate data vanaf die ander eksperimente regdeur die duur van die sending verkry.

Wentelbaan nasporing van die ruimtetuig het daarop gedui dat die Maan ietwat peervormig was gebaseer op die swaartekrag veld. Geen mikro-meteoroïdise impakt gebiede is gevind nie. Die ruimtetuig is nagespoor totdat dit op die maan se verkant neergestort het by 7 grade N breedtegraad en 161 O lengtegraad op 29 Oktober 1966 tydens sy 577ste omwenteling.

Die vroeë neerstorting van die ruimtetuig was as gevolg van 'n tekort aan posisiebeheergasse en ander verslegtende toestande; dit was so beplan om steurings met die Lunar Orbiter 2 te vermy.

  1. Lunar Orbiter I: Extended Mission Spacecraft Subsystem Performance (Report). NASA. September 1967. p. 37. NASA CR-870. https://ntrs.nasa.gov/archive/nasa/casi.ntrs.nasa.gov/19670026411.pdf. 

Developed by StudentB